Eksklusiewe Leefstylwonings - Pretoria

Thursday, 9 May 2013

Item details

City: Pretoria, Gauteng
Offer type: Sell
Bedrooms:5
Full Square, m²:1

Contacts

Contact name Jacques
Phone 082 903 5453

Item description

Die afslaersbedryf bewys steeds daagliks dat dit ‘n uiters belangrike rol in die Suid-Afrikaanse eiendomsmark speel, beide kommersieel en residensieel. Dit sal sekerlik weer die geval wees wanneer twee eksklusiewe en luukse wonings vandeesmaand deur SA Auction Group opgeveil word as gedwonge instruksies.
‘n Inspirerende eiendom teen die berghange in Wildernis, Wes-Kaap, kom op Dinsdag, 21 Mei, onder die hamer. Hierdie 1050 m² drieverdieping juweel met vyf slaapkamers, ‘n kroegarea, drie sitkamers, videokamer, vier motorhuise en ‘n werkswinkel se onbelemmerde uitsig oor die oseaan is ‘n aanduiding van die kalmte wat op die nuwe eienaar wag. Hierdie unieke eiendom beloof om ernstige kopers te trek na die veiling wat om 11:00 begin by Constantiarylaan 2036 , Wildernis.
Twee dae later word ‘n spoghuis in Muckleneuk, Pretoria, per publieke veiling verkoop. Die 1260 m² droomhuis bestaan o.a. uit vyf slaapkamers, ‘n kluiskamer, vier motorhuise, tuisteater, biblioteek, ‘n bewaringsarea en ‘n puik onthaalarea. Hierdie leefstylwoning is een van baie min eiendomme wat in die Muckleneuk-area in die mark is en trek baie aandag van die kopers wat die luukse sy van die Gauteng-leefstyl nastreef. Hierdie eiendomsveiling vind plaas op Donderdag, 23 Mei, by Maraisstraat 4, Baileys Muckleneuk om 11:00.
Besigtiging van beide eiendomme is per afspraak. Kontak vir Jacques le Roux by 082 903 5453 of besoek www.saauctiongroup.co.za